Wealth Mastery Aanlyn Opleiding


TREE VROEËR EN MEER WELVAREND AF

Op Aanvraag


Beskikbaar aanlyn vir 48 uur vanaf tyd van bespreking.

RETIRE EARLIER & WEALTHIER


Oorsig


Sluit aan by Coert Coetzee waar hy jou leer om welvaart te skep vir generasies vorentoe deur middel van gespesialiseerde trusts, eiendomsbelegging en belasting.

(Die WEALTH MASTERY STELSEL, gestig in 1996)

‘Beleggers wat graag binne ‘n kort tydperk finansieël onafhanklik wil word, word aangeraai om Coert se lewensveranderende kursus so gou as moontlik by te woon.’ - Media24 - Grootste Media Groep in SA.

Wat is die WEALTH MASTERY STELSEL? Dit is ‘n onfeilbare welvaartskepping stelsel!

Ons is een van die oudste, grootste, en mees suksesvolle Beleggersklubs in die wêreld, gestig in 1996 en het tans meer as 750 000 lede wêreldwyd.

In hierdie unieke, gewilde opleiding leer ons beide ervare en beginner-beleggers hoe om enorme welvaart te skep vir generasies vorentoe, en om belastingvrye kontantvloei te skep met besigheid en eiendomme in spesiale truststrukture.

Die inligting wat in die opleiding gedeel word is absoluut noodsaaklik vir gewone mense, beleggers en besigheidseienaars wat hoop om ewigdurende finansiële vryheid vir hulself en hul nageslag te skep.

Weens ‘n ekonomie wat konstant verander, is dit goed vir bestaande gegradueerdes om die opleiding weer by te woon. Ons raai almal aan om dit ten minste een keer ‘n jaar te doen.

LEES ONS GETUIENISSE

Hierdie kursus dek onder andere die volgende onderwerpe:

Ware Finansiële Vryheid. Ons metode is kontroversieël en ontmoedig die ou, nuttelose pensioenprodukte en spaarplanne wat deur finansiële instellings verkoop word. Ons glo dat ware finansiële vryheid slegs deur eiendom of besigheid verkry kan word, en ons sal dit aan jou bewys.

Gespesialiseerde Trusts. Jy gaan leer hoe om jou bates te beskerm en belastingvry te groei met gespesialiseerde plaaslike of buitelandse trusts.

Afslag op Buitelandse Trusts. Jy sal leer hoe om ‘n groot afslag te kry op die koste van ‘n familie trust in Mauritius.

Gebruik van die Eiendomstendens. Ons begrip van die eiendomstendens stel ons in staat om geld te maak in alle eiendomsiklusse, nie net in 'goeie tye' nie. Ons sal ons spesiale eiendomsgrafieke met jou deel en sorg dat jy dieselfde siklusse verstaan en ook 'die tendens jou vriend kan maak'.

Onsekwestreerbaar. Tot die eindelose irritasie van die likwidasie- en eksekuteursbedrywe van die wêreld, maak die korrekte administrasie van die Wealth Mastery Stelsel vir jou en jou besigheid 100% onsekwestreerbaar.

Skuld en Verliese. Meeste mense probeer om skuld en verliese te vermy. Ons lede weet hoe om groot geld te maak met skuld wat korrek gestruktureer is, net soos die groot multimiljoen-dollar maatskappye. Ons wys jou ook hoe om belastingvrye aftrekbare verliese te skep en baie geld daarmee te maak. Min mense weet hoe om skuld en verliese te gebruik om ryker te word. Meeste mense word vernietig daardeur, maar NIE Wealth Masters nie!

Groot Belastingvrye Opbrengste. ‘n Professionele Eiendomsbeleggings Portefeulje is niks anders as ‘n besigheid nie, en ons wys jou hoe om die tipe besigheid effektief te bestuur. Indien dit volgens die WEALTH MASTERY STELSEL, soos ons metode bekend staan, bestuur word, sal die gerigte opbrengste meer as 60% per jaar wees, en 100% belastingvry. Dit is heel waarskynlik die beste wettige metode in die wêreld wat jou toelaat om belastingvrye inkomste te skep.

Verouderde Metodes. Daar is baie boeke en seminare oor eiendomsbelegging, en meeste van daardie metodes is verouderd. Ons bespreek die probleme met hierdie metodes in die opleiding.

Ander Mense se Geld. Aangepaste finansiering is een van die hoekstene van die WEALTH MASTERY STELSEL. Ons verkies om slegs met die bank se geld te werk. Ons het lede wat groot portefeuljes opgebou het sonder dat hulle ‘n sent van hul eie geld gebruik het.

Kapitaalhandel. Hierdie is nog ‘n pilaar waarop die WEALTH MASTERY STELSEL rus. Kapitaalhandel met eiendom kan gevaarlik wees indien dit verkeerd toegepas word, maar indien dit reg toegepas word is dit die beste en veiligste metode om vinnig welvaart te skep. Belastingvrye opbrengste van meer as 100% per jaar is moontlik!

Tipe Eiendom. Die WEALTH MASTERY STELSEL is die mees suksesvol met ‘n sekere tipe eiendom. Die rede hiervoor sal aan jou verduidelik word.

Belastingkortings. Beleggers kan in sekere omstandighede kortings en toelaes van belastingowerhede ontvang. Ons wys jou hoe dit werk, en hoe om vir baie geld terug in jou sak te eis.

Die Regte Areas. Jy sal leer dat sekere areas of voorstede beter as ander werk. Sommige areas moet heeltemal vermy word. Ons leer jou hoe om die regte areas te identifiseer.

Toegewyde Sagteware. ‘n Transaksie en eiendomsportefeulje moet behoorlik beplan en bestuur word. Hiervoor gebruik ons ‘n program wat spesiaal daarvoor ontwerp is.

Lidmaatskap. Om deel van ons klub te wees is belangrik. Dit is waar jy jou mede klublede sal ontmoet en motiverende suksesverhale hoor. Hier deel die lede geleenthede, suksesse en vrese met mekaar. Die waarde van die kollektiewe kennis van ons lede is kragtig. Dit is een van die groot redes vir ons Beleggersklub se groei en sukses.

Geakkrediteerde diensverskaffers. Ons lede word bedien deur die professionele, geakkrediteerde diensverskaffers.

Welvaart Afrigting. Hoekom sal twee mense soms dieselfde boodskap hoor, maar anders reageer daarop? Na ‘n jaar is die een dalk ‘n miljoenêr, terwyl die ander een niks gedoen het nie. Ons het almal iemand nodig om ons deur die onbekende te lei. Om welvaart te skep is ‘n onbekende gebied vir meeste mense. Ons toegewyde span diensverskaffers sal jou stap vir stap lei na skouspelagtige welvaart!

Moenie hierdie LEWENSVERANDERENDE opleiding misloop nie!


Top